MIA Takes KOSH By Storm

Mia, of Mariska Pretorius soos sommige ons plaaslike kunstenares ken, het die naweek wat verby is Klerksdorp behoorlik aan die brand gesing met haar betowerende stem. Ons het bietjie meer omtrent Mia om ons lesers te vertel…
Mariska sing reeds van 12 jaar onder dieprofesionele verhoog naam “Mia”. Op 13 jarige ouderdom het sy reeds as gaskunstenares in die kinderprogram Jakkalsjol op SAUK TV Kanaal 2 verskyn. Mia was ook te sien in ‘n onderhoud op die Sondag KYK-Net program JAM en op Tswane TV se Musiek program KwaaiMusiek.
Van haar musiek word plaaslik asook internasionaal uitgesaai deur Radio stasies soos bv: Impala Radio, Uitsaaines, Hosa Radio, Radio Springbok, Radio Helderberg, All-timeradio , Coastal Radio en nog veel meer. Sy deel gereeld die verhoog saam met bekende kunstenaars, soos die naweek wat verby is saam met Nicholis Louw. Bekende Skrywers soos Johan C Venter, Joe Forster en Leonard Schaafsma het ook deel gehad aan haar CD, “Minder is Veel Meer.”
In 2017 het Mia deel geneem aan die Internasionale Sangkompetisie: ‘The Voice’, waarin sy tot by die ‘Knock Outs’ gevorder het. Mia se strewe is om een van Suid-Afrika se geliefde en bekende Sangeresse te word en as mens so na haar optredes kyk, is dit vir seker ‘n baie groot moontlikheid om gouer te kom as later met so ‘n stem. Mia se musiekvideo “Dis Ware liefde Die” is ook deur Kyk-Net goed gekeur om op die Kyk-Net Musiek kanale te speel.
Mia is lojale, nederige, hardwerkende en gefokusde kunstenares, met vaste morele beginsels en standaarde. Sy het ‘n innemende verhoogpersoonlikheid en vind vir seker aanklank by enige gehoor. Haar gunsteling genres is Moderne Country en Afrikaans maar sy is gladnie hierby beperk nie.

Sy neem deel aan verskeie Feeste, Skoue, Formele en Informele Optredes, soos byvoorbeeld:
– Innibos Fees,
– Absa KKNK,
– Aardklop Kunste Fees,
– Bosveld Kunstefees,
– Kierieklapper Kunstefees
– Abara Kadabera Kunstefees
– Suid Afrikaanse Talent Kampioenskappe,
– Inniberg Fees,
– Anglo American Golfdae,
– Druiwefees en andere.
– KykNet Dorp van die jaar Mossel Bay
– Ek Lief Afrikaans Kaapstad

Optredes:
14 Mei vir Asambo tydens hul Golfdag in Potch
28 Mei Shamrocks in Pretoria Noord
29 ste open vir Fatman by Ficassio’s Klerksdorp
4 Junie by die ‘Carmaval’ in Potch
7 Junie neem sy haar foto’s by Willen Botha vir die Vrystelling van haar Nuutste lied…’Waterval’

Bespreekings Kantoor:
Mercia Pretorius : 0833203545
email: miabespreekings@gmail.com
Sosiale Media:
Facebook: Mia Artist/Sangeres
Twitter: @MiaSangeres

Please follow and like us:

Leave a Reply