Witkrans Safaris

Witkrans Safaris is gelee so plus minus 35 kilos buite Ventersdorp op die Swartruggens pad. Witkrans is begin deur wyle Piet de Beer, Tiaan de Beer en sy vrou het dit oorgeneem sedert 2013. Die lodge is ‘n perfekte venue vir ‘n troue, verjaarsdag partytjie, besigheids konferensie of selfs net ‘n naweek weg van die stad se geraas. Ons voldoen aan al u vereistes. Ons het akkomodasie, selfsorg of spyseniering indien u verkies. Braai geriewe, ten volle toegeruste kombuise en onderdak/binne swembad. Ons het ook jag, slag en koelkamer geriewe. Ons het verskeidenhei van kamers volgens u behoeftes ook ten volle toegerus. Witkrans is n veilige omgewing vir kinders en bied ook wildsritte aan. Kom beleef die rustige natuurskoon by ons. Vir akkomodasie of enige funksie kontak ons gerus, ons is ook op Facebook te sien of email na ndebeer@truenw.co.z of skakel 0735061800.

Ons is ook die trotse borg vir BizzBuddy se Moedersdag prys waarvan ons terug gee aan ons gemeenskap en dit lekker is om mense te bederf!

Vir enige geleentheid is ons daar en help waar ons kan en doen ons die beste sodat ons gaste familie word en tuis voel soos dit hoort Tiaan en Nicolette de Beer sien uit om julle te ontmoet!
Voorwaardes vir die kompetisie is as volg, die prys is net 6 maande geldig en moet bespreking vooraf gereel word tenminste 2 weke, ook is die prys geldig solank dit nie in ‘n tydperk val waar ons vol bespreek is vir ‘n troue, jag of enigiets wat die lodge as ‘n groep vol geboek is nie. Die prys is nie oordraagbaar nie en net die die Moeder en ‘n metgesel sal voorsien word van die prys, nie ‘n familie en vriende nie. Die prys is ook nie te ruil vir kontant nie en kontak die eienaar vir alle reels. Eie voorwaardes en risiko geld. Die lodge of BizzBuddyword nie aanspreeklik gehou vir enige skade of verliesse nie. Eie vervoer moet gereel word na en van die lodge.

Maggie Botes

Please follow and like us:

Leave a Reply