Spotted – From Shack to Sanctuary

Woensdagaand 28 April was ‘n geleentheid soos min, onder die sterre in die koue lug wat winter aankondig sit ons dames en so paar menere en wag vir die Engelstem van Lize Hadassah Wiid om ons deur haar lewens reis te neem. Te danke aan Stefaans Coetzee wat vir ons ‘n gaaitjie kon maak kon ons ook deel wees van die aand by die pragtige veneu “From Shack to Sanctuary” wat werklik ook elke gas so mooi verwelkom, en natuurlik kan jy nie net na die pragtige tuin stap sonder om deur die winkel te kyk met alle mooi goedere te koop, as jy nog nie daar was nie maak seker jy vat ‘n vriendin vir ‘n heerlike stuk koek en vele meer….maar genoeg daarvan Lize is n dame wat glad nie ‘n prys aan haar toer koppel nie sy doen slegs optredes ut skenkings van die aand wat sy ontvang met die doel voor oe dat mense haar “storie en stem” kan hoor as ek dit so kan stel. Ek wil nie te veel weg gee van haar optrede nie dit is iets wat self beleef moet word,, na ‘n goeie paar trane en die gevoel van die teenwoordigheid dat die dame bereik het wat nodig was in haar lewe na ‘n paar harde lewenslesse was defnetief in elke persoon n tasbare gevoel. Sy het waarlik ‘n Engelstem en het ek baie lank terug gehoor dat iemand met soveel passie haar liefde vir sang uitleef, en n gehoor in doodse stilte wat aan haar lippe hang. Lize het ongelukkig omtrent al klaar haar meeste opvoerings gedoen maar is nog die 5de Mei in Pothefstroom te sien en die 7de Mei in Douglas. Vir meer inligting of om te hoor om jou sitplek te verseker skakel gerus vir Stefaans by 082 4479 3343. Die dame sing nie net mooi nie sy het ook ‘n verskeidenheid boeke wat jy kan lees. Ek kan met alle eerlikheid se dit was ‘n koue aand maar vol betowering en sal ek verseker weer na haar gaan luister as sy deur ons dorp kom, ek persoonlik wens jou alle geluk op die toekoms Lize en weet dat jou hart op die regte plek sit en jy die genade sal ontvang wat vir jou bedoel is dankie vir die klein bietjie wat jy ons toegelaat het om deur die vensters van jou lewe te kon kyk. Foto geneem deur Mejandra Pretorius.

Please follow and like us:

Leave a Reply