Mosterdsaad

Ons het besluit om by die “Moeder” van Klerksdorp te gaan kuier wat soveel monde in die dorp voed en bietjie meer te hoor waar alles begin het, en waarom….

Maar gun ons die geleentheid voor ons met tannie Maggie se Mosterdsaad verhaal begin, om haar ‘n hartlike gelukwensing toe te wens met die herdenking van haar geboortedag vandag van ons BizzBuddy span. Baie geluk tannie, ons mooiste wense gaan uit vir tannie op hierdie dag en die jare wat volg, mag tannie ‘n wonderlike dag geniet!

Mens sien sommer met die aankoms dit gaan dol met tannie Maggie van Zuydam, die vrou in beheer van Mostertsaad Gemeenskap hulp NPO in die dorp, mense wat kospakkies ontvang en die ander wat klere uitsoek in die klerebank, ons moet haar omtrent weg trek net vir so paar minute van haar besige tyd en kry sommer amper raas.
Dit is eintlik so hartseer waar al hierdie begin het: Sy is te beskeie om oor haarself te gesels en meld net sy het ook nie te maklik groot geword nie, en as enkel Ma van vier kinders destyds, ken sy van nagte wakker en die Here om hulp vra.. So lei haar pad toe jare later na waar sy besluit sy gaan mense help waar sy kan met kos, en begin bymekaar maak met paar mense wat soms so paar pakkies los kos en klere aandra en sy af gaan gee op plekke waar daar nood is en behoefte bestaan. Een middag na die kos aflaai sien sy ‘n kindjie by die treinspoor sit en huil en lyk dit of hy uit ‘n blikkie kat kos eet, sy voel sy moet stop en vra waar sy Ma dan is? (Soos tannie Maggie ons vertel loop die trane weer vrylik) Nadat die seun haar wys “net daar Tannie”, na ‘n paar sinkdake wat lyk soos ‘n huisie, vra sy of hy sal in die bakkie klim en hulle daarna toe neem? Met die aankoms by die klein plekkie sit die Mamma nog met ‘n baba en sien sy dit gaan bitter swaar, daar is nie eens ‘n matras of iets waarop hul kan slaap nie. Lang storie kort het die vrou maar vir haar kinders kat kos gegee wat mense weg gooi en vele ander produkte wat nog eetbaar was want sy het geen ander uitweg gehad as om hulle so aan die lewe te hou nie. En net daar verander nie net Maggie se planne vir die toekoms nie maar ook die vrou se lewe, so draties dat sy vandag ‘n skenker van kos ens. vir Mostertsaad is elke maand, sy het haar eie huis, ‘n werk en kan haar kinders elke aand “mens-kos” eet.
Vir 15 jaar staan die NPO al sterk en het tannie Maggie eers alles alleen behartig, gereeld was haar kinders oor die besige tye ingeroep gewees om te help as dit te veel word vir een vrou wat soms nagte deur pakkies meel en suiker ens opmaak vir die uitdeel die volgende dag. En met God se genade het die helpers en hande meer geword, en is hulle sulke steunpilare wat sonder enige vergoeding elke dag opdaag, klere reg pak, pakkies op maak en alles wat ‘n dag se werk behels, vir mense in nood.
Sy wil klem le op die bedanking van haar borge, sonder hulle is haar hande afgekap en is dit onmoontlik om die monde te kan voed elke dag. Sy wil nie name noem nie want sy se haar skenkers is ook beskeie en doen dit vir die liefde van die saak, daar is van hulle wat al van die begin tot vandag nog elke maand help…”moet ook nie die gemeenskap weg gooi nie, WOW, hulle help hoor” is haar woorde, hulle dra klere aan, kos, komberse noem maar net op. Kyk, as hulle huis skoon maak weet hulle al presies waarheen hulle dit wil vat, en die lekker hiervan is dit is mense wat nou al vriende word!
Wat is die sleg van die groot taak tannie Maggie? “
Daar is nie sleg nie, ek kan net se slegte dinge gebeur van tyd tot tyd, mense wat kanse vat, dit maak my kwaad want jy ontneem ander wat die hulp werklik meer nodig het, en dan as daar nie genoeg kos is nie en ek in my bed klim en die Here maar weer moet vra, ek weet U sal voorsien maar ASB help?
Die mense ken my, ek kan ‘n kwaai Tannie raak as ek moet, maar dit is met rede. Die kindertjies is my hele lewe en hulle weet sommer hulle word bederf, jong ek gaan dat julle blaaie vol skryf hier as ek vandag alles wil se, maar ek wil sien dat die mense moet nog hulle trots behou wat hulle het en juis daarom het ek die klere so begin sit dat hulle self kies wat hul soek, kom ons se dit is ‘n winkel op sy eie, net gratis.
Ons het ‘n ongelooflike groot borg gekry wat nou vir ons bou en ook ‘n koelkamer kom insit wat so baie gaan help met die groente in die hitte, plus die nuwe rakke. Ek het nie woorde om genoeg vir hulle dankie te se nie, hulle weet dat hul baie diep in my hart is en dat ek baie lief is vir hulle, weereens my klein DANKIE is soveel meer werd as wat julle ooit sal weet.
Ons sluit af want ons sien sy begin nou haastig raak, daar is mense wat vir haar wag, en vra net ‘n laaste vraag. Hoe lank gaan tannie dit doen want ons weet tannie is self nie ‘n baie gesonde vrou nie en ook nie meer vandag se kind nie…En met haar grappige manier wat sy het en almal haar ook maar ken antwoord sy…Wie se ek is oud? Met die Here se genade, met geloof so klein soos ‘n Mosterdsaad, is ek instaat om alles te doen in en vir Sy Wil en is niks ontmoontlik nie!

Baie dankie vir wat tannie vir ons mense in Klerksdorp omgewing beteken en vir die groot Moedeer hart wat tannie vir ons gemeenskap het!

20 Vuurpyl straat, Flimieda, Klerksdorp

Tannie Maggie – 082 739 7910

Post expires Thursday October 7th, 2021 9:57pm

Please follow and like us:

Leave a Reply