Kriel’s Dojo

Petrus Kriel is ‘n wel bekende gesig in Klerksdorp omgewing veral op die “hotrod” baan en ook in die MMA kringe, maar gun ons die geleentheid om meer omtrent sy karate loopbaan en “dojo” te vertel, want Klerksdorp kan spog met van Suid-Afrika se top presteerders in hierdie veld!

Petrus be-oefen karate reeds van ‘n baie jong ouderdom vanaf 1984 en bied reeds klasse aan vandat hy 16 jaar oud was. In sy eerste Goju-Kai tradisionele styl karate het hy sy 4de dan swartbeld verwerf en in 1997 het hy verder sy 4de dan swartbeld in die Goju-Ruy styl verwerf. In totaal het Petrus reeds 36 jaar eerstehandse ondervinding in hierdie ongelooflike gedissiplineerde sport, werklik ‘n groot prestasie!

Huidiglik bied Petrus die Goju-Ruy tradisionele styl karate by sy klub aan wat die volgende insluit:

  • Tradisionele karate
  • Fiksheid
  • Selfvertroue
  • Selfbeheersing
  • Respek
  • Dissipline

Oefen tye is op Maandae en Woensdae, klasse word soos volg aangebied:

  • 17:00 tot 18:00 – Beginners
  • 18:00 tot 19:00 – Kleur belde
  • 19:00 tot 20:00 – Privaat
  • 20:00 tot 21:00 – Veg fiksheid

Die klub is ook COVID-19 veilig gesertifiseer en handhaaf ten alle tye streng veiligheids maatreels om die omgewing veilig te hou deur die veilige afstand en “no mask, no entry” reels toe te pas.

Die dojo se fooie is werklik bekostigbaar teen ‘n baie billike maandelikse fooi van R200 per lid. Met sulke ondervinding teen sulke lae kostes, word Petrus se dojo ten sterste aanbeveel, besoek of kontak hom gerus, hierdie is werklik waarde vir geld!

115 Ianstraat, Flimieda, Klerksdorp

Kontak Petrus – 082 782 8605

Post expires Thursday October 7th, 2021 10:06pm

Please follow and like us:

Leave a Reply